Skip to the content

Newsletters

Residents’ newsletter: July 2019

By Negester Klein-Kariba, ’n volhoubare leefstyl-landgoed vir vyftigplussers, word daarna gestreef om doeltreffend in al die veranderende versorgingsbehoeftes van die landgoed se ouer wordende inwoners te voorsien. In ’n ondersteunende omgewing beleef ouer persone aanvaarding en sekuriteit wat onlosmaaklik ’n bydrae tot die bevordering van ’n goeie lewenskwaliteit bied.

Download - File size: 1214KB

Residents’ newsletter: June 2019

Die Jukskei Sosiale Klub is besig om van krag tot krag te gaan. Die entoesiasme van die spelers het geensins getaan vandat hulle saam begin jukskei speel het nie. Elke oggend is almal gereed om vir 90 min of 2 ure, in goeie gees, met mekaar te kompeteer. Woorde soos “Andy, jy moet nou skeel kyk”, “jou rakker!” vir ’n goeie pen, of “dis ’n Kobus gooi” vir ’n skewe gooi, het spreektaal geword.

Download - File size: 1057KB

Residents’ newsletter: May 2019

Die HEV-direksie het op 4 April vergader en ’n paar belangrike besluite geneem. Ons deel ’n paar van die sake met Sterrelig se lesers: Na ’n indringende evaluering van die waternetwerk en die redes vir die onlangse lekkasies, het die ontwikkelaar ingestem om drukmeters op strategiese plekke te installeer en sodoende die netwerk beter te monitor en te bestuur.

Download - File size: 1193KB

Residents’ newsletter: April 2019

Genl.-maj. Johan Jooste van SANParke het Negester op 12 Maart 2019 besoek as ons eerste gasspreker van 2019. Hy het inligting oor die teenstroperyoperasies in SANParke, met die klem op die Nasionale Kruger Wildtuin, met Negester inwoners kom deel.

Download - File size: 941KB

Residents’ newsletter: March 2019

Die afgelope maand was ’n stil maand in die HEV-kantoor, aangesien die jaar se aktiwiteite eers op 15 Januarie begin het. Ons beplan om die sorgsentrumdienste uit te brei en na deeglike inspeksie deur die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling, het hulle bevestig dat ons fasiliteit grootliks voldoen aan die vereistes om vir bejaardesorgdienste, in terme van die wet, te registreer en so ’n diens aan te bied. Voordat ons pasiënte kan opneem, moet ons ook registreer by die Departement van Gesondheid.

Download - File size: 1265KB

Residents’ newsletter: February 2019

’n Voorspoedige nuwe jaar aan al ons inwoners. Mag 2019 vir ons ’n goeie jaar van groei en saamleef wees. Tydens ons laaste direksievergadering het ons ’n paar aangeleenthede verder gevoer en kan ons soos volg berig: Die ontwikkelaar het ons ingelig dat dit nie moontlik is om die toegangsbrug en die saal in een jaar te bou nie en is daar besluit dat die saal in 2019 en die brug in 2020 gebou sal word.

Download - File size: 1719KB

Residents’ newsletter: December/January 2019

Sedert die verkiesing op 20 Oktober 2018, was ons baie bedrywig. Ons het ’n oorhandigingsvergadering bygewoon, ’n HEV-direksievergadering, ’n gespreksvergadering met die ontwikkelaar (MST) en ook verskeie vergaderings met die belangegroepe.

Download - File size: 1309KB

Residents’ newsletter: November 2018

In die eerste Nuusbrief van Oktober het ons die Inwoners genooi om voorstelle te maak vir ‘n gepaste naam vir ons Nuusbrief. Baie dankie aan almal wat so flink reageer het. Ons het 16 oulike name van 12 persone ontvang [...]

Download - File size: 671KB

Residents’ newsletter: October 2018

Vandag is nog ‘n blye dag vir die inwoners van Negester, met die eerste uitgawe van die maandelikse nuusbrief. Hierdie is ‘n poging om die inwoners ingelig te hou ten opsigte van aktiwiteite in en om die landgoed. [...]

Download - File size: 1098KB

Residents' newsletter: 1 and 2 (2018)

Suid Afrika was die afgelope paar jaar op verskeie terreine in troebel waters en hier op Negester Klein-Kariba het die verkope van erwe hierdie toedrag van sake weerspieël. Met die veranderde meer positiewe stemming in die land, is daar ook [...]

Download - File size: 1548KB

Residents' newsletter: 4 (2017)

2017 se uurglas is besig om baie vinnig leeg te loop. Ek weet nie of dit die ouderdom of aardbesoedeling (tong in die kies) is nie, maar om die een of ander rede voel dit vir my hoe ouer ‘n mens word hoe korter word die jare. Ons het die jaar met 42 voltooide [...]

Download - File size: 1249KB

Residents' newsletter: 3 (2017)

Die vroeë somerreën het mildelik by ons geval; ons is verheug daaroor – mag dit ʼn aanduiding wees van nóg goeie reën wat gaan kom! Lente bring weer ʼn huppel in die stap. Die veld is vrolik, die voëltjies en diere [...]

Download - File size: 1179KB

Residents' newsletter: 2 (2017)

Negester Klein-Kariba Aftreelandgoed-huiseienaarsvereniging (HEV) se tweede algemene jaarvergadering (AJV) word op Saterdag 26 Augustus 2017 vanaf 09:00 tot 13:00 by die ATKV-Klein-Kariba Vakansieoord se Gholflapa gehou [...]

Download - File size: 777KB

Resident's newsletter: 1 (2017)

Met die goeie somerreëns wat die afgelope maand of twee by Negester Klein-Kariba val, dink mens onwillekeurig aan Gé Korsten (op video regs) se lied, “Reën, reën lieflike reën, val in die lande val om ons heen,” en met die reënval, jubel ons harte saam met Gé [...]

Download - File size: 1007KB

A symphony for the senses

Negester Klein-Kariba is the ideal place for fifty-plussers in search of an excellent investment opportunity and a home in a safe and picturesque setting. Contact us now to secure your home in the Bushveld.