Skip to the content

Mediesesorgsentrum

Medical care centre at Klein-Kariba

Fase 1 van die mediesesorgsentrum, wat bestaan uit vier verswaktesorgeenhede (wat 12 beddens kan akkommodeer), is reeds voltooi. Alhoewel die sorgsentrum nog nie ten volle operasioneel is nie, is tuisversorging as ʼn standaarddiens reeds aan alle inwoners beskikbaar. Woensdae word ʼn kliniekdag by die sorgsentrum gehou.

Negester het vir Medwell as mediese diensverskaffer aangestel. Medwell bied raakvat en gewaardeerde gemeenskaps-, mediese ondersteunings- en verplegingsdienste aan. Medwell is ook ’n geregistreerde verplegingsagentskap wat deur een van Suid-Afrika se grootste mediese fondse gekontrakteer word om tuisversorging as ’n noodsaaklike derde komponent in ’n gekoördineerde sorgprogram aan te bied. Dit is Medwell se visie om holistiese gesondheids- en steundienste aan te bied ten einde te verseker dat daar aan al die verwagtinge van ’n ten volle ontwikkelde persoonlike sorg- en gesondheidsdiens vir die inwoners voldoen kan word.

Klik hier om Negester Klein-Kariba se inligtingstuk oor mediese sorgdienste aan inwoners, af te laai.

ʼn Simfonie vir die sintuie

Negester Klein-Kariba is die ideale bestemming vir vyftigplussers wat op soek is na ʼn uitstekende beleggingsgeleentheid én vir ʼn huis in ʼn veilige en prentjiemooi omgewing. Kontak ons gerus ten einde jou plekkie in die Bosveld te bespreek.