Skip to the content

“Daar doer in die Bosveld, daar wil ek bly. Daar doer in die Bosveld, daar’s rus vir my.”

- A de Waal & E van Rooyen

Wanneer dit kom by rus en vrede, kan min dinge kers vashou by die Bosveld se rustigheid en oop stiltes. In plaas van ʼn wekker, kan jy wakker word met die geroep van die bospatrys of die piet-my-vrou.

Die ATKV maak jou Bosvelddrome waar met Negester Klein-Kariba. Hierdie volhoubare leefstyl-landgoed, wat grens aan die ATKV Klein-Kariba Vakansieoord, is die ideale plek vir vyftigplussers op soek na ’n rustiger leefstyl.

Gaan op ’n vinnige reis saam met ons deur ons leefstyl-landgoed in hierdie video.

AANLYNGESKENKBEWYSE

Wil jy graag iemand bederf met ’n ervaring as geskenk?  

Kliek hier om ’n ATKV-geskenkbewys te koop.