Skip to the content

Fasiliteite

Trail walks at Klein-Kariba

ʼn Klubhuis met ʼn veeldoelige saal, klein biblioteek, haarsalon en sitkamer met dameskroeg word vir die leefstyl-landgoed beoog. Die ontwikkelaar is tans besig met die beplanning van die klubhuis se eerste fase. ʼn Aktiewe leefstyl word aangemoedig met die beskikbaarstelling van die beste sportfasiliteite.

Negester Klein-Kariba gaan net die beste fasiliteite, geriewe en aanvullende dienste aan sy inwoners bied:

  • Klubhuis: Fase 1 (in beplanning)
  • 3 tennisbane
  • 7-putjie minigholfbaan 
  • 15 m swembad 
  • Rolbalbaan (in beplanning)
  • Kleinhandelsdienssentrum (in beplanning)
  • 4 wandelpaaie
  • 24/7 sekuriteit met biometriese toegangsbeheer
  • Optieseveselkabel vir stabiele en vinnige internet
  • Toegang tot die ATKV Klein-Kariba Vakansieoord. Klik hier om inligtingstuk af te laai. 

 

ʼn Simfonie vir die sintuie

Negester Klein-Kariba is die ideale bestemming vir vyftigplussers wat op soek is na ʼn uitstekende beleggingsgeleentheid én vir ʼn huis in ʼn veilige en prentjiemooi omgewing. Kontak ons gerus ten einde jou plekkie in die Bosveld te bespreek.