Skip to the content

Huistipes

Klein-Kariba houses from top view

Die leefstyl-landgoed word in vier fases ontwikkel en meer as 195 van die 395 eiendomme is reeds verkoop sedert die ontwikkeling in Oktober 2013 bekendgestel is. Hier is ʼn verskeidenheid voltitel-eiendomme (skouhuise en/of plot-en-planpakkette) en deeltitelwooneenhede (duet-eenhede) om van te kies.

Verskillende planopsies

Daar is tans ses standaardhuistipes met 15 verskillende plan-opsies om van te kies. Spesifieke huistipes is gekoppel aan spesifieke erwe. Klik op ’n huistipe en sien die verskillende opsies.

Voltitel-eiendomme: Die prys van die erwe begin by R454 500 en erfgroottes wissel van 250  tot 728 met A-erwe wat die kleinste is en D-erwe wat die grootste is.  ’n Erf se prys sluit die goedgekeurde bouplanne, argiteksfooie en oordragskoste in (die munisipale fooi vir die indien van planne van ±R2 000 is uitgesluit). Huisgroottes wissel tussen ±114 m² en 250 m².

Deeltitel-eiendomme: Die prys van die deeltitel-duette met standaardafwerkings begin by R902 900. ʼn Eenheid is 77 m² groot (en sluit ʼn stoepie van 9 m² en motorafdak van 18 m² in). Behalwe vir oordragkoste, is geen BTW of munisipale indieningsfooie betaalbaar nie. Die duette is gerieflik in die leefstyl-landgoed geleë, naby die mediese sorgsentrum, hoofingang en beoogde klubhuis en sportfasiliteite.

ʼn Simfonie vir die sintuie

Negester Klein-Kariba is die ideale bestemming vir vyftigplussers wat op soek is na ʼn uitstekende beleggingsgeleentheid én vir ʼn huis in ʼn veilige en prentjiemooi omgewing. Kontak ons gerus ten einde jou plekkie in die Bosveld te bespreek.