Ligging

Negester Klein-Kariba, met sy kenmerkende Bosveld-natuurskoon, lê in die UNESCO-erfenisgebied van Waterberg-biosfeer. Dit grens aan die ATKV-Klein-Kariba Vakansieoord en is naby Bela-Bela (Warmbad) geleë, slegs ’n uur se ry vanaf Pretoria.

Die Bela-Bela- en Waterberg-omgewing beskik oor ʼn heerlike somerreënvalklimaat, topklas gholfbane en rolbalbane asook goeie winkels.

  • Winkels: Bela Mall is ʼn moderne 17 800m² winkelsentrum, geleë op die rand van die dorp aangrensend aan die R101 (15,6 km)
  • Gholf: Zebula Buiteklub (56 km), Elements Private Gholfreservaat (35,7 km), ens.
  • Natuurreservaat: Mabalingwe Natuurreservaat (41,7 km), Zebula Natuurreservaat (56 km), Sondela Natuurreservaat & Spa (23,5 km)
  • Lughawe: Bela-Bela Vliegveld (17 km)

Negester Klein-Kariba beslaan 83 ha, met genoegsame oop groen areas met verskeie soorte wild soos njalas, rooibokke en vlakvarke. ’n Groot verskeidenheid Bosveld-bome kan op die landgoed gevind word: Blinkblaar-wag-'n-bietjie, boekenhout, doppruim, karee, kiepersol, lekkerbreek, maroela en tambotie, om ʼn paar te noem.

Op 16 September 2017 het die Bosveld Voëlklub by die landgoed kom kuier en in minder as ses uur bykans 40 voëlspesies geïdentifiseer – hier vind jy die bospatrys, bosveldvisvanger, janfrederik, katlagter, kleinbyvreter, kroonarend, kwêvoël, piet-my-vrou, suikerbekkie, troupant, vleiloerie, ens.

Binne die landgoed is daar ook vier voetslaanpaaie waarlangs die landskap se diverse fauna en flora geniet kan word.

Kontak Ons | Get In Touch

ATKV

ATKV as ontwikkelingsvennoot

Gerugsteun deur die ATKV het ons toegang tot keur eiendomme.