Sorgsentrum
Die sorgsentrum, wat bestaan uit vier verswaktesorgeenhede (wat 12 beddens kan akkommodeer), is reeds voltooi. Alhoewel die sorgsentrum nog nie ten volle operasioneel is nie, is tuisversorging as ʼn standaarddiens reeds aan alle inwoners beskikbaar. Woensdae word ʼn kliniekdag by die sorgsentrum gehou.
Negester Klein-Kariba het tans vir Procare in hul diens as Sorgdiensverskaffer. Procare bied dienste van ‘n baie hoë gehalte wat spreek van ’n persoon gebaseerde benadering wat lei tot ‘n omgee- omgewing wat mediese dienste betref.
Procare bied ook ‘n uitgebreide tuisversorging diens met verskillende pakkette wat eienaars se persoonlike behoeftes op verskeie vlakke kan aanspreek. Procare stel dit ten doel om ’n gesonde leefstyl te bevorder ten einde te verseker dat eienaars ’n kwaliteit leefstyl kan geniet. Met verskeie verpleegkundige dienste wat aangebied word verseker Procare dat daar aan die eienaars van Negester se kleinere mediese behoeftes voldoen word. Procare streef daarna om aan die verwagtinge van ‘n volledige persoonlike sorg-module te voldoen.
ATKV
ATKV as ontwikkelingsvennoot
Gerugsteun deur die ATKV het ons toegang tot keur eiendomme.