HEV-webtuiste

Soos Negester Klein-Kariba se gemeenskap groei, is daar meer landgoedgerigte aangeleenthede wat deur die huiseienaarsvereniging (HEV) aan inwoners gekommunikeer moet word. Die HEV-webtuiste spreek hierdie behoefte aan. Een van die inwoners, Angus Hughes, het die bul by die horings gepak en vir die HEV ‘n webtuiste ontwikkel wat aan inwoners die ‘wie, wat, wanneer, waar en waarom’ van die landgoed kommunikeer.

Besoek gerus hulle webtuiste om meer oor die HEV en inwoners se doen en late te wete te kom.

ATKV

ATKV as ontwikkelingsvennoot

Gerugsteun deur die ATKV het ons toegang tot keur eiendomme.